Home      About      Contact    

And you thought this site would never arrive!

From now on this site will be in Afrikaans - if you can't understand it, I'll translate for a small fee... Sorry for the inconvenience, but since it's my personal site, you'll just have to deal with it.

Hierdie site is 'n storie oor ons lewens in Amerika. Die naam kom vanaf ons gevoel oor Afrika, en ook oor ons geestes toestand na twee jaar se werk as "traveling consultants". Dit is definitief nog in wording, en baie van die links werk nog nie - as ek eendag tyd het sal dit klaargemaak word, maar daar's nou belangriker dinge...

Die GROOT nuus

Vir die wat nog nie weet nie - Jolandi is swanger met ons eersteling - 'n seun! (Markie en Corne, steek julle dogtertjies weg!) Ek sal later probeer skryf hoe dit werklik voel, maar nou weet ek net dat my speelgoed budget geherallokeer is vir die volgende 20 jaar of wat. Jolandi sal maar self moet skryf hoe sy voel. Met haar gesondheid kan dit nie beter nie - nog nie 'n enkele dag enige "morning" of "afternoon" sickness gehad nie - touch wood... (Al wou ek haar al 'n paar keer naar maak :-)) Kyk na die fotos hier.

En die AMPER SO GROOT nuus

Vir die afgelope jaar al praat ons van huiskoop in Amerika - deels vir die belasting voordeel en ook as 'n belegging - en ons tweeslaapkamer apartment raak net te klein vir al my speelgoed. Die huur raak ook net te duur - ons kan 'n redelike ordentlike huis koop vir die selfde bedrag as wat ons nou betaal. Ons het eers lank vir townhomes gesoek, maar kon niks kry wat ons kan bekostig of van hou nie.

Na die vrugtelose soektog na townhomes, het ons maar besluit om 'n ander agent te nader om ons te help om 'n huis te kry. Ek het baie plekke op die internet gesien wat OK lyk, en het net die agent nodig gehad om die deure vir ons oop te kry sodat ons binne kon kyk - so het ek gedink. Die eerste afspraak met die agent verlede Saterdag het maar sleggerig begin toe sy vir ons sê al die plekke wat ek gesien het sal eintlik nie aan ons vereistes voldoen nie - maar sy het 4 plekke om ons te wys.

Om 'n lang storie kort te maak: ons hou toe van die eerste plek wat sy vir ons wys - dis 'n nuwe ontwikkeling en die eerste drie huise is 5 weke gelede begin. Die drie ander kon net nie kers vashou nie, en toe sy ons 3pm vra of ons weer wil teruggaan en met die bouer praat oor moontlike opsies en hoor wat aangaan, kon ons nie wag nie. 6 ure later het ons klaar kontrakte geteken en die finale koop proses begin - ek het nog nooit so vinnig so baie geld uitgegee nie! Nou kom die moeilike deel van teels, matte, kombuisblaaie, ens kies - meer hieroor later.

copyright © 2002 to 2024 Afrikanuts.com